WGO bevestig 13 aanvalle op Iran se gesondheidinfrastruktuur

Loading player...
Die Wêreldgesondheids-organisasie sê meer as 'n duisend mense is dood in die toenemende konflik in die Midde-Ooste. Meer as 100 000 mense is ontwortel en 16 lande word geraak. Werksaamhede is tans gestaak by die WGO se logistieke hoofkantoor vir globale gesondheids-noodgevalle in Dubai. Direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hulle het 13 Amerikaans-Israelse aanvalle op Iran se gesondheids-infrastruktuur bevestig en een in Libanon. Hy sê ses gesondheidswerkers is dood en 25 beseer:
6 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvisbaai-hawe verwag meer skepe oor Midde-Ooste konflik

Iran het die Straat van Hormuz gesluit vir skeepvaart, en volgens berigte begin skepe ook die Suez-kanaal en Rooisee vermy weens die oorlog in die Midde-Ooste. Verskepingsmaatskappye het reeds begin om hul skepe vanaf die Ooste na Europa en Suid-Amerika om die Kaap die Goeie Hoop te herlei. Dit beteken…
6 Mar 8AM 1 min

TLU SA bekommerd oor tempo, rigting van BKS-optrede

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die huidige tempo en rigting waarin die regering die bek-en-klouseer-uitbreking bestuur. Die organisasie is deel van die Bek-en-Klouseer-bedryfskoördineringsraad wat die landbouminister, John Steenhuisen, gestig het vir 'n gekoördineerde poging ter ondersteuning van die gefaseerde instel van die strategie. Woordvoerder Caria van der Merwe…
6 Mar 7AM 1 min

BoN trek likwidasie-aansoek teen Trustco Bank terug

Die sentrale bank van Namibië het sy aansoek in die hoërhof vir die likwidasie van voormalige Trustco Bank, 'n filiaal van die Trustco-groep, teruggetrek. Quinton van Rooyen Jnr, die besturende direkteur van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê dis bewys dat die bank wel solvent is.
6 Mar 7AM 1 min

BoN trek likwidasie-aansoek teen Trustco Bank terug

Die sentrale bank van Namibië het sy aansoek in die hoërhof vir die likwidasie van voormalige Trustco Bank, 'n filiaal van die Trustco-groep, teruggetrek. Quinton van Rooyen Jnr, die besturende direkteur van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê dis bewys dat die bank wel solvent is.
6 Mar 7AM 1 min

Hoër oliepryse kan inflasie opjaag: finansminister

Finansminister Enoch Godongwana waarsku hoër oliepryse weens die Midde-Oosterse oorlog kan Suid-Afrika se inflasie laat styg en ekonomiese vooruitsigte raak. Die prys van Brent ru-olie het dié week met byna 16-persent gestyg omdat skeepsvervoer tot stilstand gekom het in die Straat van Hormuz, waardeur 'n vyfde van die wêreld se…
6 Mar 7AM 1 min