Hoër oliepryse kan inflasie opjaag: finansminister

Loading player...
Finansminister Enoch Godongwana waarsku hoër oliepryse weens die Midde-Oosterse oorlog kan Suid-Afrika se inflasie laat styg en ekonomiese vooruitsigte raak. Die prys van Brent ru-olie het dié week met byna 16-persent gestyg omdat skeepsvervoer tot stilstand gekom het in die Straat van Hormuz, waardeur 'n vyfde van die wêreld se olie vervoer word. Godongwana het aan Bloomberg Television gesê Suid-Afrika kan die uitwerking van die oorlog weerstaan:
6 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min

Dis markdag by Auas Hills Aftreeoord!

Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Mar 9AM 1 min

IPC het vrae oor Vitol se omkopery, moontlike brandstof-oorheersing

Die parlement ondersoek wat hy beskryf as die groeiende oorheersing van die Nederlandse oliereus Vitol Group in Namibië se stroomaf brandstofmark. IPC-parlementslid Rodney Cloete het kommer uitgespreek dat die maatskappy, deur middel van filiale en gesamentlike ondernemings tussen 75 en 95 persent van die land se brandstofvoorraad kan beheer. Cloete…
6 Mar 8AM 1 min