Ondersoek gelas met hoër onderwys wat R15m betaal vir onbruikbare gebou

Loading player...
Die buurland se minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het 'n dringende verslag versoek van die onderwys- en opleidingsowerheid van die Onderwys-, Opleidings- en Ontwikkelingspraktyke-sektor oor 'n huurooreenkoms van 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Johannesburg. Die staats-instelling betaal huur vir 'n gebou wat weens talle gesondheidsbedreigings nie gebruik kan word nie. Woordvoerder Matshepo Seedat sê die departement is baie bekommerd oor die bestuur, nakoming van gebou-regulasies en die moontlike gevolge vir openbare fondse:
9 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bewaringsbewustheid neem toe in Ohangwena-streek

Ten spyte van die voortdurende mens-dier-konflik wat boere in die Ohangwena-streek teister, het bewaringsbewustheid en sterker wetstoepassing gehelp om groot wildlewe-misdade in 2025 te voorkom. Tydens haar streeksrede het goewerneur Kadiva Hamutumwa gesê dat geraakte boere meer as 106 000 Namibiese dollar in vergoeding ontvang het deur die Selfonderhoudskema. Sy…
3 Jul 11AM 1 min

Baba-Bokke op wenpad by Junior Wêreldkampioenskap

Rugby: Die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, is steeds op die wenpad op die Junior Wêreldkampioenskap na hulle die gasheer, Georgië, 33-5 verslaan het in Tbilisi. Siphosethu Mnebelele het twee van die Junior Springbokke se vyf drieë gedruk. Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland en Wallis het ook oorwinnings behaal in die tweede…
3 Jul 11AM 1 min

NIEIS aan-en-af, ministerie werk aan probleem

Duisende Namibiërs wat aanlyn werk soek en aansoek doen, word geraak deur sporadiese ontwrigtings op die Namibië Geïntegreerde Werkinligtingstelsel, NIEIS. Die lynministerie sê die uitdagings is die gevolg van buitengewoon hoë aanvraag op die digitale werkportaal, veral wanneer vakatures geadverteer word. Ministeriewoordvoerder Maria Hedimbi verseker die publiek dat dringende tegniese…
3 Jul 11AM 1 min

China stel glo belang in plaaslike hernubare energie-bedryf

Meer inligting is bekend oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Terwyl die name van alle lede van haar afvaardiging nie bekendgemaak is nie, sê die Namibiese Groenwaterstofprogram dat die hernubare energie-bedryf onder die loep sal kom. Die program se woordvoerder, Jona Musheko, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 Jul 10AM 1 min