Midde-Ooste: Namibië sal nie SA se uitdagings hê nie

Loading player...
Suid-Afrika sal na verwagting weens die oorlog in die Midde-Ooste vleispryse sien daal, omdat uitvoere daarheen nie moontlik sal wees nie. Namibië het ook al in 2023 toegang tot die Midde-Oosterse mark gekry maar voer nog nie daarheen uit nie. 'n Verhoging in voedselpryse kan egter verwag word weens stygende oliepryse. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-landbouminister Calle Schlettwein gesels wat sy mening gee.
11 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bewaringsbewustheid neem toe in Ohangwena-streek

Ten spyte van die voortdurende mens-dier-konflik wat boere in die Ohangwena-streek teister, het bewaringsbewustheid en sterker wetstoepassing gehelp om groot wildlewe-misdade in 2025 te voorkom. Tydens haar streeksrede het goewerneur Kadiva Hamutumwa gesê dat geraakte boere meer as 106 000 Namibiese dollar in vergoeding ontvang het deur die Selfonderhoudskema. Sy…
3 Jul 11AM 1 min

Baba-Bokke op wenpad by Junior Wêreldkampioenskap

Rugby: Die verdedigende kampioen, Suid-Afrika, is steeds op die wenpad op die Junior Wêreldkampioenskap na hulle die gasheer, Georgië, 33-5 verslaan het in Tbilisi. Siphosethu Mnebelele het twee van die Junior Springbokke se vyf drieë gedruk. Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland en Wallis het ook oorwinnings behaal in die tweede…
3 Jul 11AM 1 min

NIEIS aan-en-af, ministerie werk aan probleem

Duisende Namibiërs wat aanlyn werk soek en aansoek doen, word geraak deur sporadiese ontwrigtings op die Namibië Geïntegreerde Werkinligtingstelsel, NIEIS. Die lynministerie sê die uitdagings is die gevolg van buitengewoon hoë aanvraag op die digitale werkportaal, veral wanneer vakatures geadverteer word. Ministeriewoordvoerder Maria Hedimbi verseker die publiek dat dringende tegniese…
3 Jul 11AM 1 min

China stel glo belang in plaaslike hernubare energie-bedryf

Meer inligting is bekend oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek aan China. Terwyl die name van alle lede van haar afvaardiging nie bekendgemaak is nie, sê die Namibiese Groenwaterstofprogram dat die hernubare energie-bedryf onder die loep sal kom. Die program se woordvoerder, Jona Musheko, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 Jul 10AM 1 min