Woord vir Vandag - 29 April 2026
Loading player...
“…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…” 2 Korintiërs 1:9 ABA
Vertrou op God, nie op jouself nie
‘n Groep mans het op ‘n sendingreis na Haïti gegaan waar hulle ‘n negentienjarige jongman ontmoet het wat Christus diep liefgehad het. Hulle het hom genooi om hulle in Amerika te besoek en vir sy reis betaal. Die jong Haïtiaan het gevoel asof hy in ‘n ander wêreld beland het. Hy het nog nooit tussen lakens geslaap, drie maaltye per dag gehad, binnenshuise loodgieterswerk gebruik of ‘n hamburger geproe nie. Toe dit tyd was om na Haïti terug te keer, het hulle hom oor sy indrukke en alles wat hy ervaar het, uitgevra. Hy het geantwoord: ‘Ek het my tyd hier saam met julle baie geniet. Maar ek is ook baie bly om huis toe te gaan. Julle het soveel luukshede in Amerika dat ek my greep op my daaglikse afhanklikheid van Christus begin verloor het.’ Paulus vertel van ‘n tyd van swaarkry in die provinsie Asië waarin hy begin moed verloor en oorweldig gevoel het (sien 2 Korintiërs 1:8). Hy skryf egter verder: ‘…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…’ (vers 9 ABA). God wil jou ook op daardie plek bring. Ja, Hy wil hê jy dat jy die gawes en hulpbronne wat Hy voorsien het moet gebruik, maar sy begeerte is dat jy ten volle op Hom sal staatmaak. Slegs dan kan Hy alles voorsien wat Hy begeer om vir jou te gee, want dan sal jy ontvanklik, gereed en volwasse genoeg wees om dit te ontvang. ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jouself oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is’ (Spreuke 3:5-7 NLV).