Filippense vir jou reis

Loading player...
Die brief wat Paulus aan die gelowiges in Filippi geskryf het, staan ook bekend as die blydskapsbrief – nie noodwendig omdat daar baie oor blydskap geskryf word nie, maar omdat die brief oorloop van optimisme. Ons kyk na die redes vir Paulus se optimisme, wat dit beteken om ’n lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus te handhaaf, en waarom jy gelukkig mág wees.
10 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Vrou van God

Augustus is vrouemaand, en Madeleine gesels met vier dames wat voltyds by bediening betrokke is. Wat is die eienskappe van ’n vrou van God, en watter unieke rol speel ons as Christenvroue in God se koninkryk? Jozine Botha, dr. Ronell Bezuidenhout, Laetitia Butler en Sonja Goldberg deel hulle getuienisse, wysheid…
7 Aug 1 hr 31 min

Die Bybel vir almal

Daar is ’n ongelooflike maklike manier om betrokke te raak by die vertaling van Bybels, en dit is deur ’n beker koffie te drink! Coffee the Bible is ’n inisiatief van Woord vir die Wêreld, of beter bekend as The Word For The World Bible Translators. Madeleine gesels met een…
31 Jul 1 hr 10 min

Die toekoms in ons hande

Madeleine gesels met Wikus v.d. Walt van 25:40 – ’n organisasie wat uitreik na die wees en weerlose jeug in die Oos-Kaap. Sy verwelkom ook vir pastoor Stephen Lamprecht in die ateljee. Hy en sy vrou, Sharon, is die stigters van Hopelands – ’n tuiste vir verlate en weerlose babas,…
24 Jul 1 hr 20 min

Ontdek jou stem

Wonder jy ook wat jou unieke rol in God se koninkryk is? Het jy al jou stem ontdek? Wil jy weet hoe jy met selfvertroue jou funksie as lid van Christus se liggaam kan uitvoer? Madeleine gesels met bekroonde outeur en spreker, dr. Megan Bruiners, hieroor. Sy deel ook waarhede…
17 Jul 1 hr 12 min

Hoe om verlies te hanteer

Madeleine gesels met die skrywer Sunet du Plessis wat die tema van verlies so meesterlik aanspreek in haar debuutroman, Groete uit Skotland. Sy deel ook Bybelse beginsels oor verlies en die rouproses.
10 Jul 1 hr 14 min