Hou kop bo water

Loading player...
Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde, bevind ons onsself soms in die lewe se storms. As kind van God hoef jy egter nie moedeloos te raak en op te gee nie.
Madeleine deel vyf beloftes uit die Woord waaraan jy kan vashou, en ’n welbekende stem op Radiokansel, professor Wentzel Coetzer, deel sy insig oor hierdie tema.
Madeleine lees ook verder voor uit die boek Al Psalmend deur dr. Ronell Bezuidenhout, soos uitgegee deur CLF Uitgewers
30 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Vrou van God

Augustus is vrouemaand, en Madeleine gesels met vier dames wat voltyds by bediening betrokke is. Wat is die eienskappe van ’n vrou van God, en watter unieke rol speel ons as Christenvroue in God se koninkryk? Jozine Botha, dr. Ronell Bezuidenhout, Laetitia Butler en Sonja Goldberg deel hulle getuienisse, wysheid…
7 Aug 1 hr 31 min

Die Bybel vir almal

Daar is ’n ongelooflike maklike manier om betrokke te raak by die vertaling van Bybels, en dit is deur ’n beker koffie te drink! Coffee the Bible is ’n inisiatief van Woord vir die Wêreld, of beter bekend as The Word For The World Bible Translators. Madeleine gesels met een…
31 Jul 1 hr 10 min

Die toekoms in ons hande

Madeleine gesels met Wikus v.d. Walt van 25:40 – ’n organisasie wat uitreik na die wees en weerlose jeug in die Oos-Kaap. Sy verwelkom ook vir pastoor Stephen Lamprecht in die ateljee. Hy en sy vrou, Sharon, is die stigters van Hopelands – ’n tuiste vir verlate en weerlose babas,…
24 Jul 1 hr 20 min

Ontdek jou stem

Wonder jy ook wat jou unieke rol in God se koninkryk is? Het jy al jou stem ontdek? Wil jy weet hoe jy met selfvertroue jou funksie as lid van Christus se liggaam kan uitvoer? Madeleine gesels met bekroonde outeur en spreker, dr. Megan Bruiners, hieroor. Sy deel ook waarhede…
17 Jul 1 hr 12 min

Hoe om verlies te hanteer

Madeleine gesels met die skrywer Sunet du Plessis wat die tema van verlies so meesterlik aanspreek in haar debuutroman, Groete uit Skotland. Sy deel ook Bybelse beginsels oor verlies en die rouproses.
10 Jul 1 hr 14 min