Wiele2Wiele: Alles oor Simola-heuwelren

Loading player...
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles oor die afgelope Simola-heuwelren. Hulle sit die kollig op die span wat vir Suzuki Suid-Afrika deelgeneem het en gesels met die vier jaers, asook met Brendon Carpenter, bemarkingsbestuurder vir Suzuki SA, oor Suzuki se betrokkenheid by hierdie ikoniese ren. Daar is ook twee padtoetse - hulle vat jou op ’n toetsrit met die Citroën Basalt en dan die Mazda CX-5.
7 May Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry Kia Carens

Verlede week het jy gehoor wat Carl en Jeanette dink maar hierdie week op Wiele2Wiele, is dit Nicol en Mike se beurt om oor die Kia Tasman-bakkie te gesels. Hulle klim ook agter die stuur van die sewesitplek Kia Carens en deel hulle indrukke van die Suzuki Across. Dit is…
31 Jul 26 min

Wiele2Wiele ry Kia Tasman-bakkie

Hierdie week vir Wiele2Wiele vat hulle die langpad met die Mercedes-Benz GLC 300d en bring kwaliteittyd deur met die nuwe Kia Tasman-bakkie. Hulle vat jou ook op ‘n toetsrit met die Renault Captur.
24 Jul 26 min

Wiele2Wiele: Lepas L4 vs. Jaecoo J7

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele skop hulle af met twee bekendstellings – Audi se nuwe Q3 en Toyota se eerste vol-elektriese model vir Suid-Afrika, die bZ4X. Dan raak hulle skoon poëties oor die Land Rover Discovery Tempest. Hulle vergelyk ook twee Chinese sportnutse uit die Chery-stal: die Lepas…
10 Jul 26 min

Wiele2Wiele: Nuwe Hilux onder die loep

Hierdie week doen Wiele2Wiele dinge effe anders en sit ons die kollig op die nuwe negende generasie Toyota Hilux – ’n fantastiese bekendstellingstoer deur Namibië.
3 Jul 26 min