SA Akademieprys vir Vertaalde Werk vanjaar aan Bloemfonteiner Naòmi Morgan toegeken

Loading player...
Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs met groot genoeë die wenners van die gesogte Akademiepryse vir 2026 aan gekondig. Die Vrystaat Kunstefees het die goeie nuus gedeel dat Naòmi Morgan die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk ontvang het vir haar vertaling van Samuel Beckett se ikoniese boek ‘Ons wag vir Godot’ wat in 2024 as produksie gedebuteer het. Naòmi het die oorspronklike teks se diepte en absurditeit met ‘n fyn balans oorgedra en die toekenning is werklik 'n besonderse prestasie. Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe vertaling werk en wat dit vir Afrikaans beteken.
11 May English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min