Sterfte in Kaapstad toe boom op voertuig val

Loading player...
Een persoon is in Kenilworth in Kaapstad dood nadat 'n boom tydens gure weer in die Wes-Kaap op 'n motor geval het. Nog 'n motoris in Parow is in 'n soortgelyke voorval beseer. Stortreën en stormsterk wind teister steeds die provinsie en veroorsaak wydverspreide oorstromings, grondstortings, kragonderbrekings en padsluitings. Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê nood- en humanitêre spanne help betrokke gemeenskappe terwyl die slegte weerstoestande voortduur:
11 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa soek duidelikheid by Ramaphosa oor polisie

Die Forum for South Africa het president Cyril Ramaphosa gevra om dringend onsekerheid oor leierskap in die ministerie van polisie op te los. Die organisasie sê belastingbetalers dra die koste van oorvleuelende leierskap. Fosa sê die skorsing van Senzo Mchunu duur nou te lank en eis 'n permanente besluit oor…
28 Jun 2AM 1 min

Alle polisieverlof in KZN gekanselleer vir Dinsdag se betogings

President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om hul morele gesag te gebruik om onverdraagsaamheid en onstabiliteit te ontmoedig voor Dinsdag se beplande betogings teen migrante. Alle verlof vir polisielede in KwaZulu-Natal is ook gekanselleer en alle lede sal ontplooi word, het owerhede bevestig. Intussen het die DA-leier Geordin Hill-Lewis…
28 Jun 1AM 1 min

Herlewingsboerdery al belangriker

El Niño sal in alle waarskynlikheid sterker ontwikkel en die volgende reënseisoen negatief beïnvloed. Normale beplanning is uiters belangrik omdat veral landbou geraak sal word. Herlewingsboerdery word al hoe meer gewild om klimaatsverandering te mitigeer. Eckart Förtsch, die voorsitter van Organic Namibia, verduidelik hoe dit veeboerdery kan help.
28 Jun 12AM 1 min

Starlink-stryd nog lank nie verby

Ondersteuners van Starlink in Namibië weier om Cran se besluit te aanvaar om die satelliet-internetverskaffer se bedryfslisensie te verwerp. Die Starlink Namibia-gemeenskap sê hulle is diep teleurgesteld nadat Cran meer as 620 versoeke vir die heroorweging van die besluit van die hand gewys het, en voer aan dat die skuif…
27 Jun 7AM 1 min

Menseregtekommissie maak erns van Vatsonga Machangani-memo

Tshepo Madlingozi van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die kommissie gaan 'n memorandum wat deur die Vatsonga Machangani-gemeenskap ingedien is, oorweeg ná 'n optog in Johannesburg teen stamgebondenheid en xenofobie. Betogers sê Tsonga-sprekende Suid-Afrikaners word tydens betogings teen migrante geteister, geëtiketteer en as immigrante aangesien. Die memorandum vra sterker beskerming van…
27 Jun 6AM 1 min