Staat se plig om Harry en Meghan te beskerm

Loading player...
Terwyl prins Harry en Meghan Markle na die Verenigde Koninkryk terugkeer, is daar steeds geen duidelikheid oor hulle sekuriteitsreëlings nie. Staatsbeskerming is gestaak na die twee amptelik uitgetree het uit hulle koninklike verpligtinge en die saak het ook al in die hof gedraai. Maar, voormalige senior koninklike beskermingsbeampte Scott Hamer sê dat die staat hul sekuriteit moet befonds. Dis sy plig.
27 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunkminister prys bek-en-klouseer-span se toewyding

Die Adjunkminister van Landbou, Ruthy Masake, sê die toewyding en deursettingsvermoë van personeel op die voorste linie van Namibië se bek-en-klouseer-reaksie is prysenswaardig. Masake het met die reaksiespan in Karasburg vergader om meer te hoor oor hul ervarings en die uitdagings waarmee hulle te kampe het om die uitbreking te…
26 Oct 4AM 1 min

Noordwes-polisie geprys vir die ontdekking van ‘n vermeende dwelmlaboratorium in Ramokokastad

Die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, Peter Adams, het die polisie geprys vir hul operasionele optrede ná die ontdekking van nog ’n vermeende geheime dwelmlaboratorium in Thabeng-seksie, Ramokokastad, in Mogwase. Polisiewoordvoerder Thuto Bobelo sê beamptes het ’n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgevoer nadat inligting ontvang is oor vermoedelike dwelmvervaardigingsaktiwiteite op…
26 Oct 2AM 1 min

Vroue gemobiliseer om padveiligheid voor feestyd te bevorder

Die Vroue-forum vir Padveiligheid wil meer vroue mobiliseer om ’n aktiewe rol in die bevordering van veiliger paaie te speel, veral met die feestyd wat nader kom. Die forum se voorsitter, Tuhafeni Shilongo, het tydens ’n padveiligheidsdag in Otjiwarongo gesê vroue kan deur verantwoordelike padgebruik en bewusmaking in hul gemeenskappe…
26 Oct 2AM 1 min

Motorsport: Antonelli op rand van eerste F1-wêreldtitel na sege in Amerika

Die Italianer Kimi Antonelli is ʼn treetjie nader aan sy eerste Formule Een-bestuurderskampioenskap-titel nadat hy by die Amerikaanse Grand Prix uit die eerste wegspringplek ʼn oorwinning behaal het. Ferrari-renjaer Charles Leclerc was tweede en Max Verstappen van Red Bull derde. Die Mercedes-bestuurder se naaste teenstanders, Lewis Hamilton van Ferrari, was…
26 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa glo die ANC sal baie hê om te vier ná die verkiesing

Die ANC-president Cyril Ramaphosa het vertroue uitgespreek in die party se verkiesingsvooruitsigte vir die plaaslikeregeringsverkiesing en gesê dat daar sal baie wees om te vier ná die verkiesing op 4 November. Hy het gister gepraat tydens 'n deur-tot-deur-veldtog in Soweto. Daar word verwag dat Soweto 'n belangrike strydveld in die…
26 Oct 2AM 1 min