
Kinders en die internet - almal moet hand bysit
Loading player...
'n Toename in aanlyn-kindermisbruik word wêreldwyd en ook in Namibië aangemeld, in die vorm van aanlyn- en seksuele teistering gemik op minderjariges. Kinderpornografie het ook toegeneem, veral op die donkerweb. Daar is onlangs in Australië 'n internasionale sindikaat ontmasker met 700 beweerde oortreders wat opgespoor is. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch van Salt Essentials gepraat, wat sê dit is 'n probleem wat die regering nie alleen kan aanspreek nie.

