Woord vir Vandag - 29 Junie 2026
Loading player...
“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV
Geestelike paaie (4)
Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’’ Iets diep binne jou voel of dit vrygemaak word wanneer jy die Here lofprys. Jou hart gaan oop en jy word lewendig. Jy bevind jouself in trane en ander kere in oomblikke van diepe vreugde, want God voel so naby. Hier is egter twee waarskuwings as jy op hierdie pad is: 1) Moenie mense oordeel wat nie so openlik uiting aan hulle gevoelens gee nie. Sommige van hulle het grootgeword in kerke waar niemand ‘n vinger opgesteek het nie, wat nog te sê van ‘n hand in aanbidding. 2) Waak teen ‘n geestelikheid wat net op ervarings gebaseer word en jou altyd na die volgende ‘aanbiddingshoogtepunt’ laat soek. C.S. Lewis het ons gewaarsku oor die noodlottige sonde om die heeltyd ‘Encore!’ te sê en te eis dat God ‘n ervaring of ‘n emosie moet reproduseer. Hy het gesê dat van alle gebede, God die minste geneig mag wees om hierdie gebed te verhoor, omdat dit kan veroorsaak dat ons die ervaring, eerder as God, begin aanbid. Omdat musiek ons gevoelens so kragtig beïnvloed, kan ons daarvan afhanklik raak om ‘n sekere emosionele reaksie te produseer. In hierdie geval moet jy dalk tyd bestee om God sonder musiek te aanbid, sodat jou aanbidding op wie God is gebaseer word en dit nie net ‘n geval is waar jy deur sekere klanke meegesleur word nie. Jy moet dalk ook probeer om meer Bybelstudie te doen, sodat jou hart diep in die kennis van God gewortel is.