Amerika, Indië vat hande oor skaars aardmetale

Loading player...
Amerika en Indië het vandeesweek ’n raamwerkooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om voorsiening van kritieke minerale en seldsame aardmetale te verseker, insluitend samewerking in mynbou en verwerking. Dié stap kom midde pogings deur lande om hul afhanklikheid van China te verminder, wat sowat 60 persent van die wêreld se seldsame aardmetale besit en ongeveer 90 persent van die wêreldvraag verwerk. Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die belangrikheid van dié ooreenkoms beklemtoon:
27 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min

Daar's vordering met sportinfrastruktuur in streke

Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
26 Jun 10AM 1 min

Geestesongesteldhede moenie soos kriminaliteit behandel word

Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word…
26 Jun 10AM 1 min