
Miljoene noodoproepe na polisie onbeantwoord
Loading player...
AfriForum dring aan op antwoorde van die polisie oor voortdurende tekortkominge in die 10111-noodoproepsentrumstelsel. Die organisasie het ’n formele versoek om inligting ingedien waarin besonderhede gevra word oor oproepe wat onbeantwoord gebly het, personeeltekorte en verouderde tegnologie. Syfers wat voorheen deur die polisie vrygestel is, toon ongeveer 14,9-miljoen noodoproepe het tussen 2018 en 2024 by elf oproepsentrums is nie beantwoord nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê die verandering van die noodnommer sal nie die probleem oplos sonder ’n opgradering van die tegnologie nie:

