GIPF herwin N$18,6 miljoen van korrupte oud-werkers

Loading player...
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê dat hy suksesvol 18,6 miljoen Namibiese dollar van twee voormalige werknemers wat van bedrog beskuldig is, verhaal het. Dit kom nadat die hof Martin Smith en Vabiola Aoses gelas het om die geld terug te betaal met rente van 20 persent per jaar, tesame met regskoste. Die twee het na bewering opgeskorte kinderannuïteitsbetalings tydens Covid uitgebuit deur vals dokumente te skep en fondse na rekeninge wat aan hulle gekoppel is, te herlei. Fonds-woordvoerder Katrina Sikeni sê hulle handhaaf 'n nultoleransie benadering tot bedrog en onetiese gedrag.
1 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Nag van bendegeweld in Katutura

Die Copps 94.1-span het Vrydagaand in Windhoek hul hande volgehad na 'n bendegeveg in 'n bekende straat in Katutura losgebars het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op die toneel en doen verslag:
31 Oct 12AM 1 min

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min

Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië

Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
30 Oct 11AM 1 min

Banke moet moratorium op leningsbetalings instel: BoN

Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende…
30 Oct 10AM 1 min