Nigel Farage kry skuld vir opstande na dood van student

Loading player...
Die uitval na die dood van Henry Nowak in Southampton in Engeland brei uit. Nowak is in Desember dood ná die mesaanval deur die 23-jarige Vickrum Digwa, wat beweer het Nowak het ‘n rassistiese aanval op hom geloods. Nowak het aan polisiebeamptes gesê hy is gesteek en kan nie asemhaal nie, maar is geboei en is kort daarna dood. Protesoptogte, gebaseer op ras, neem toe en die leier van Reform UK, Nigel Farage, kry die skuld daarvoor.
3 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie skerp soektog na ontsnaptes op

Die polisie het hul soektog na twee oorblywende ontsnaptes wat vermoedelik in besit is van 'n Namibiese polisie AK-47-geweer en 'n dienspistool, verskerp na die dramatiese ontsnapping uit die Onandjamba-polisieselle verlede week. Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat polisiebeamptes op die grond bly en dag…
3 Jun 11AM 1 min

Twee verdagtes vas oor toeriste-moord in Krugerwildtuin

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, verwelkom die inhegtenisnemings van twee verdagtes in Mosambiek in verband met die moord op die Suid-Afrikaanse toeriste, Dina en Ernst Marais, in die Krugerwildtuin in Limpopo. Die verdagtes is aangekeer danksy samewerking tussen Mosambiekse ondersoekbeamptes, bewaringsvennote en veldwagters. Aucamp sê…
3 Jun 11AM 1 min

Produkte-grenssluitings vir Junie aangekondig

Die Namibiese Akkerbouraad het die grensbeheer vir invoere van vrugte en groente vir Junie vrygestel. Die raad open en sluit die grense om plaaslike produsente en kleinhandelaars te ondersteun. Kosmos 941. Nuus het met die woordvoerder van die raad, Liseli Mwilima gepraat.
3 Jun 10AM 1 min