
Cyril sê sy begroting sal help om misdaad, korrupsie te bekamp
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die 2026/2027 Presidensiebegroting sal die bekamping van misdaad, korrupsie en ongelykheid prioritiseer. Ramaphosa het tydens die stemming in die Parlement oor die begroting van die Presidensie, gesê die regering versterk wetstoepassing, die Nasionale Vervolgingsgesag en ander instellings om veiligheid en aanspreeklikheid te verbeter. Hy het ook genoem dat die Madlanga-kommissie reeds 'n impak gemaak het. Hy het bygevoeg korrupsie sal nie geduld word nie, ongeag 'n persoon se posisie, status of politieke verbintenis:

