DA sê strafregstelsel is mislukking, 58 daagliks vermoor

Loading player...
Die DA sê die krisis in die land se strafregstelsel is nie net ʼn departementele mislukking nie, dis ʼn regeringsmislukking. Suid-Afrika se moordsyfer het tussen Januarie en Maart met byna 10 persent gedaal. Meer as 5 100 mense is egter steeds vermoor, wat neerkom op gemiddeld 58 moorde per dag. George Michalakis van die DA het gister in die Nasionale Vergadering gesê daar moet erken word dat geen enkele regeringsfeer hierdie krisis alleen kan oplos nie:
3 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Root teleurgesteld oor wangedrag deur spelers

Engeland se toetskaptein, Joe Root, is teleurgesteld oor Saterdag se voorval in 'n nagklub in Derby waarby die snelbouler Brydon Carse betrokke was. Videomateriaal wys hoe die polisie hom boei en weglei. Carse is daarna onttrek aan die groep vir die tweede toets teen Pakistan op Lord's, terwyl die Engelse…
26 Aug 11PM 1 min

Matlala gewaarsku oor weiering om vrae te beantwoord

Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het Woensdag die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala gewaarsku sy herhaalde weiering om vrae te beantwoord kan ernstige gevolge inhou. Matlala het geweier om vrae te beantwoord oor die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona. Baloyi sê getuies mag slegs weier om…
26 Aug 11PM 1 min

ActionSA sê hersiening van Phala Phala-tugproses nie polities

ActionSA sê hy verwerp die bewering deur die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie dat sy aansoek om 'n hersiening van die dissiplinêre uitkomste rondom die Presidensiële Beskermingsdiens-beamptes, Wally Rhoode en Hennie Rekhoto, op politieke inmenging neerkom. Die party het 'n hofaansoek ingedien waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens daarvan beskuldig word dat die twee…
26 Aug 6AM 1 min

NNN sê nuwe helde moet veg teen korrupsie, armoede, verdeeldheid

President Netumbo Nand-Ndaitwah het in haar toespraak by die amptelike Heldedag-vieringe Namibiërs aangemoedig om te verenig en saam te werk aan 'n beter toekoms vir almal. Sy het na die bevrydingstryd verwys, maar ook die gewone mense wat elke dag opofferings maak sodat ander kan vooruitgaan, as helde uitgesonder. Die…
26 Aug 6AM 1 min

Kagame sê DRK-konflik nie Rwanda se skuld

Die Rwandese president, Paul Kagame, ontken sy land is verantwoordelik vir die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy het op 'n nuuskonferensie gesê die probleme is geskep deur Kinshasa en ander faktore. Kagame beskuldig naamlose partye dat hulle Rwanda 'n sondebok maak om sekere individue te beskerm…
26 Aug 4AM 1 min