Sprinkane nou dormant, spanne tuis na 20ha behandel is

Loading player...
Die sprinkaanuitbreking wat in dele van die Omaheke- en Hardap-streke aangemeld is, het bedaar, met die insekte wat nou 'n dormante stadium betree en nie meer 'n onmiddellike bedreiging vir plantegroei of landbouproduksie inhou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda, gesels wat sê meer as 25 000 sprinkane is tydens beheermaatreëls vernietig, terwyl owerhede die situasie in die geraakte gebiede steeds monitor.
3 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie skerp soektog na ontsnaptes op

Die polisie het hul soektog na twee oorblywende ontsnaptes wat vermoedelik in besit is van 'n Namibiese polisie AK-47-geweer en 'n dienspistool, verskerp na die dramatiese ontsnapping uit die Onandjamba-polisieselle verlede week. Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat polisiebeamptes op die grond bly en dag…
3 Jun 11AM 1 min

Twee verdagtes vas oor toeriste-moord in Krugerwildtuin

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, verwelkom die inhegtenisnemings van twee verdagtes in Mosambiek in verband met die moord op die Suid-Afrikaanse toeriste, Dina en Ernst Marais, in die Krugerwildtuin in Limpopo. Die verdagtes is aangekeer danksy samewerking tussen Mosambiekse ondersoekbeamptes, bewaringsvennote en veldwagters. Aucamp sê…
3 Jun 11AM 1 min

Produkte-grenssluitings vir Junie aangekondig

Die Namibiese Akkerbouraad het die grensbeheer vir invoere van vrugte en groente vir Junie vrygestel. Die raad open en sluit die grense om plaaslike produsente en kleinhandelaars te ondersteun. Kosmos 941. Nuus het met die woordvoerder van die raad, Liseli Mwilima gepraat.
3 Jun 10AM 1 min