
SA se koringproduksie krimp vir 4de jaar, wat nou vir ons?
Loading player...
Suid-Afrikaanse koringboere staar toenemende finansiële druk in die gesig namate die konflik met Iran wêreldwye brandstof- en kunsmismarkte ontwrig. Met diesel- en kunsmispryse wat styg, waarsku produsente dat krimpende winste sommige plase tot die rand van die afgrond kan dryf. Sommige boere beplan volgens berigte om glad nie te plant nie, want dit sal te duur wees. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat.

