Polisie skerp soektog na ontsnaptes op

Loading player...
Die polisie het hul soektog na twee oorblywende ontsnaptes wat vermoedelik in besit is van 'n Namibiese polisie AK-47-geweer en 'n dienspistool, verskerp na die dramatiese ontsnapping uit die Onandjamba-polisieselle verlede week. Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat polisiebeamptes op die grond bly en dag en nag werk om die voortvlugtiges op te spoor en die uitstaande vuurwapens terug te kry.
3 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Twee verdagtes vas oor toeriste-moord in Krugerwildtuin

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, verwelkom die inhegtenisnemings van twee verdagtes in Mosambiek in verband met die moord op die Suid-Afrikaanse toeriste, Dina en Ernst Marais, in die Krugerwildtuin in Limpopo. Die verdagtes is aangekeer danksy samewerking tussen Mosambiekse ondersoekbeamptes, bewaringsvennote en veldwagters. Aucamp sê…
3 Jun 11AM 1 min

Produkte-grenssluitings vir Junie aangekondig

Die Namibiese Akkerbouraad het die grensbeheer vir invoere van vrugte en groente vir Junie vrygestel. Die raad open en sluit die grense om plaaslike produsente en kleinhandelaars te ondersteun. Kosmos 941. Nuus het met die woordvoerder van die raad, Liseli Mwilima gepraat.
3 Jun 10AM 1 min

Meer speenkalwers bly in land vir plaaslike verslagting

Veilingspryse het die afgelope tyd redelik stabiel gebly en die speenkalfseisoen is ook op hande, met die verwagting dat die pryse tussen 48 en 50 Namibiese dollar per kilogram sal beloop. Kosmos 94.1 Nuus het met die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad se bemarkingsbestuurder, Desmond Cloete, gepraat vir ‘n oorsig oor die…
3 Jun 10AM 1 min