Nuwe neonatale eenheid in Swakopmund open deure

Loading player...
Moeders van vroeggebore en kritiek siek pasgebore babas in die Erongo-streek sal nie meer na Windhoek hoef te reis vir gespesialiseerde behandeling nie. Dit kom nadat 'n moderne neonatale eenheid van 26,6 miljoen Namibiese dollar vanoggend amptelik in Swakopmund geopen is. Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses sê die nuwe fasiliteit met 28 beddens, waarvan die konstruksie in 2020 begin het, is toegerus om standaard-, hoësorg- en intensiewe neonatale dienste te bied, tesame met akkommodasie vir moeders om tydens behandeling naby hul babas te bly.
5 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer as 8 200 in twee weke uit SA gerepatrieer

Die Grensbestuursowerheid sê 8 230 Malawiese en Zimbabwiese burgers is in minder as twee weke deur die Beitbrug-grenspos gerepatrieer. Dit kom aanloop tot Dinsdag se beplande optogte teen onwettige immigrasie. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê buitelanders wat vir repatriasie aangemeld het, is in die teenwoordigheid van amptenare van…
26 Jun 6AM 1 min

As Burnham nie die geld vir verdediging wil gee nie, moet hy waai

Die voormalige hoof van die Britse leër se chemiese wapeneenheid, Hamish de Bretton-Gordon, sê aan Sky News dat as Andy Burnham nie die beloofde toename van die reuse 28 miljard Britse pond in verdedigingsbesteding nakom nie, dat hy en die res van die bevolking wil hê dat iemand anders die…
26 Jun 6AM 1 min

Unam behaal Times Higher Education ranglys

Unam maak gereed vir volgende jaar en aansoeke is oop vir beide eerstejaar- en nagraadse studies. Unam is die enigste Namibiese universiteit wat in die Times Higher Education se wêreld universiteitsranglys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met die universiteit se woordvoerder, Simon Namesho gepraat wat meer inligting oor die…
26 Jun 6AM 1 min

Skaap-indaba beplan vir 22 Julie op Mariental

Namibië se skaapprodusente het die geleentheid om insette te lewer in die toekoms van die sektor. Die Lewendehawe Produsente-organisasie hou op 22 Julie 'n vergadering met produsente op Mariental kom 'n entiteit in produsent-besit binne die skaapwaardeketting te ondersoek. Die dag sal handel oor die gedeelde visie vir die bedryf,…
26 Jun 6AM 1 min

Regskenner sê oor 8 tiener verkragtingverdagtes

Die agt minderjarige seuns wat beskuldig word van die beweerde groepsverkragting van 'n 25-jarige vrou in Okahandja in die vroeë oggendure van 7 Junie, sal in aanhouding bly nadat hul borgtogverhoor uitgestel is na 6 tot 17 Julie. Die saak het ook debat aangewakker oor hoe Namibië se regstelsel jeugdige…
26 Jun 6AM 1 min