Boere moet reagens-sake in orde kry

Loading player...
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad herinner uitvoerders dat uitvoerpermitte geblokkeer sal word vir alle veeboere en -uitvoerders wat reagens-toetsstelselgelde skuld. Geen uitvoerpermitte sal uitgereik word totdat alle uitstaande bedrae ten volle betaal en geverifieer is nie. Reagenstoetsing is 'n kritieke stap in die uitvoerproses wat verseker dat vee vry is van gevaarlike siektes en voldoen aan die streng gesondheidsvereistes van invoerlande. Dit beskerm dus Namibië se reputasie as 'n betroubare vleisuitvoerder wêreldwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Anja Boshoff, die raad se uitvoerende hoof van vleisstandaarde gepraat, wat sê nie-betaling veroorsaak dat toetse nie gedoen kan word nie.
6 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min

Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië

Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
30 Oct 11AM 1 min

Banke moet moratorium op leningsbetalings instel: BoN

Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende…
30 Oct 10AM 1 min

Meatco kondig byna 20% daling in produsentepryse aan

Meatco het 'n daling van byna 20 persent in produsentepryse aangekondig vir boere wat beeste vir verslagting lewer. Dit volg op die sluiting van uitvoermarkte weens die bek-en-klouseer uitbreking. Ingevolge die ooreenkoms vir die lewering van beeste, het die prys vir graad AB 5- tot 6-beeste – met 'n koue…
30 Oct 10AM 1 min