IPC sê dis nie eerste keer wat Vitol vir petroleum-mark mik nie

Loading player...
Die IPC se LP Rodney Cloete het alarm gelui oor ‘n ongevraagde voorsteldokument deur Vitol aan die Namibiese regering. Die 2017 dokument het lig gewerp op hoe naby Vitol daaraan gekom het om byna totale beheer oor Namibië se olie en petroleumbergingsfasiliteit in Walvisbaai te verkry vir jaarlikse huur van slegs 1 Amerikaanse dollar per jaar. In die dokument stel Vitol voor om die hele staatsbefondsde terminaal te huur vir 'n minimum van 10 jaar en dit sal onderhou teen nul kontantuitgawes deur die regering. Vitol het beplan om sy bedryfsfooie te absorbeer deur dit direk in die winste van sy eie kommersiële stroomaf-aktiwiteite te struktureer. Yanna Smith doen verslag.
9 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min

Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië

Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
30 Oct 11AM 1 min

Banke moet moratorium op leningsbetalings instel: BoN

Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende…
30 Oct 10AM 1 min

Meatco kondig byna 20% daling in produsentepryse aan

Meatco het 'n daling van byna 20 persent in produsentepryse aangekondig vir boere wat beeste vir verslagting lewer. Dit volg op die sluiting van uitvoermarkte weens die bek-en-klouseer uitbreking. Ingevolge die ooreenkoms vir die lewering van beeste, het die prys vir graad AB 5- tot 6-beeste – met 'n koue…
30 Oct 10AM 1 min