Brandstof: Minister se riglyne is verhewe bo Staatskoerant

Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy vyfjaarverbod op Nasan Energies om brandstof van Vitol te verkry is steeds onder appèl, ten spyte van 'n regeringsopdrag wat Vitol as 'n belangrike brandstofverskaffer aan die plaaslike mark benoem. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases, sê die samesmeltingsvoorwaardes vir Nasan se verkryging van 52 Shell- en Engen-vulstasies is apart van die beleidsopdrag wat deur die lynministerie uitgereik is. Onder die kommissie se voorwaardes word Nasan verbied om petroleumprodukte direk of indirek van Vitol te koop. Dit is ook in die Staatskoerant gepubliseer. //Gowases het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
11 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking

Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as…
30 Oct 11AM 1 min

Nanso het nie Erasmus+-fondse misbruik: EU in Namibië

Die Europese Unie-afvaardiging in Namibië het Nanso vrygespreek van bewerings dat Erasmus+-fondse misbruik is. Die Europese Uitvoerende Agentskap vir Onderwys en Kultuur het sy ondersoek afgehandel en geen bewyse gevind van die misbruik van fondse wat kragtens die SHINE-projek toegeken is nie. Ian Dupont, die EU se waarnemende hoof van…
30 Oct 11AM 1 min

Banke moet moratorium op leningsbetalings instel: BoN

Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende…
30 Oct 10AM 1 min

Meatco kondig byna 20% daling in produsentepryse aan

Meatco het 'n daling van byna 20 persent in produsentepryse aangekondig vir boere wat beeste vir verslagting lewer. Dit volg op die sluiting van uitvoermarkte weens die bek-en-klouseer uitbreking. Ingevolge die ooreenkoms vir die lewering van beeste, het die prys vir graad AB 5- tot 6-beeste – met 'n koue…
30 Oct 10AM 1 min