Rise Mzansi sê die regering het minder prioriteite en meer privaat belegging nodig om sukkelende openbare dienste te herstel. Tydens die debat oor die Begrotingswetsontwerp in die Parlement het die partyleier, Songezo Zibi gesê baie regeringsdienste, insluitend hospitale, skole, die weermag en polisie, verkeer onder ernstige druk weens onderbefondsing, ondoeltreffendheid…
Die Kankervereniging van Namibië hou sy jaarlikse vergadering vandag, die vereniging se 2025/2026 finansiële jaareinde. Die palliatiewe sorgoorde in Windhoek en Swakopmund het 'n groot gedeelte van die vereniging se fondse opgebruik sê Rolf Hansen, die vereniging se uitvoerende hoof. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jaar…
Die geweld en chaos by die Nasionale Jeugraad se algemene vergadering oor die naweek het hernude vrae oor die instelling se relevansie en onafhanklikheid laat ontstaan. Die voorsitter van die LPM Jeugbevel, Duminga Ndala, sê die botsings het die raad in oneer gebring en swak leierskapsdissipline onder jong leiers blootgelê…
ʼn Ondersoekkommissie van die Verenigde Nasies sê Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders geteiken wat gelei het tot volksmoord, misdaad teen die mensdom en oorlogsmisdade. ʼn Verslag deur die VN se onafhanklike ondersoekkommissie oor die Palestynse gebied, het gefokus op beweerde oortredings van internasionale reg, menseregtevergrype en die…
Die Walvisbaai-munisipaliteit sê hulle verhoed nie gemeenskappe om te help om slaggate te vul nie, die regte prosedures moet net gevolg word. Dit volg na 'n werklose paartjie onlangs begin het om slaggate reg te maak, en die munisipaliteit daaroor gekla het te midde van inwoners se voortdurende klagtes oor…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.