H5N1: Ons robbe is veilig

Loading player...
Terwyl verslae aandui dat ongeveer 13 000 baba-robbe aan voëlgriep op afgeleë Australiese Antarktiese eilande gevrek het, en 'n geïsoleerde geval in Suid-Afrika aangeteken is, bly Namibië se robkolonies onaangeraak. Wetenskaplikes sê die H5N1-virus het suidelike olifantrobbebevolkings op Heard-eiland verwoes. Te midde van verslae van gevalle in Namibië, het Kosmos 94.1 Nuus met Ocean Conservation Namibia se medestigter, Naude Dreyer, gepraat:
22 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vuurwapenopleiers vra optrede teen taxigeweld in SA

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vuurwapenopleiers het die skietvoorvalle in die Wes-Kaap wat met taxi's verband hou veroordeel. Dit sluit in voorvalle in Somerset-Wes, Khayelitsha, Epping, Delft, Bonteheuwel en Maitland. Mike Mbedzi van die vereniging sê die veiligheid van pendelaars moet 'n prioriteit wees en geskille oor taxiroetes mag nooit tot…
30 Oct 2AM 1 min

NamRA verskerp fokus op alkohol- en tabakhandel

NamRA het met bedryfsleiers vergader om strenger nakoming van regulasies oor die handel in alkohol- en tabakprodukte te bespreek. Die hoof van doeane en aksyns, Wilbroad Poniso, sê sterker beheermaatreëls is noodsaaklik om staatsinkomste te verhoog en terselfdertyd ’n gelyke speelveld vir wettige plaaslike ondernemings te verseker.
30 Oct 2AM 1 min

WKOD prioritiseer leerderveiligheid te midde van taxigeweld

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om…
30 Oct 1AM 1 min

Namibië vra meer befondsing vir vroue, vrede en veiligheid

Die regering doen ’n beroep op dringende en betroubare befondsing om wêreldwye verbintenisse oor vroue, vrede en veiligheid in konkrete aksie om te sit. Penda Naanda, Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, het die VN-Veiligheidsraad toegespreek en gesê voorspelbare, volhoubare en buigsame finansiering is noodsaaklik. Namibië dring daarop…
30 Oct 1AM 1 min

Rubberduck-renne maak hul terugkeer by Oanobdam

Nagenoeg 11 rubberduck-bote neem môreoggend aan die Oanob Lake Grand Prix-reeks by die Oanobdam deel. Elke boot se span bestaan uit 'n stuurman en 'n navigator, wat voor in die boot sit en help om die boot te stuur. Die sport was eens baie gewild, maar het mettertyd veld verloor…
30 Oct 12AM 1 min