
Vuurwapenopleiers vra optrede teen taxigeweld in SA
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vuurwapenopleiers het die skietvoorvalle in die Wes-Kaap wat met taxi's verband hou veroordeel. Dit sluit in voorvalle in Somerset-Wes, Khayelitsha, Epping, Delft, Bonteheuwel en Maitland. Mike Mbedzi van die vereniging sê die veiligheid van pendelaars moet 'n prioriteit wees en geskille oor taxiroetes mag nooit tot geweld of lewensverlies lei nie. Mbedzi doen 'n beroep op die polisie om onwettige vuurwapens te verwyder:

