
AfriForum dring aan op daadwerklike optrede teen plaasaanvalle
Loading player...
AfriForum doen 'n beroep op die regering om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar en 'n nasionale strategie in te stel om dit te voorkom. Die beroep volg op Woensdag se aanval op die Noordwes-boer Donovan Marx, wat op wrede wyse aangerand is. AfriForum se Jacques Broodryk sê die owerhede moet misdaadvoorkoming versterk en moet verseker diegene wat daarvoor verantwoordelik is moet voor die gereg gebring word. Broodryk doen 'n beroep op die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om die veiligheid van boere en landelike gemeenskappe te verbeter:

