Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vuurwapenopleiers het die skietvoorvalle in die Wes-Kaap wat met taxi's verband hou veroordeel. Dit sluit in voorvalle in Somerset-Wes, Khayelitsha, Epping, Delft, Bonteheuwel en Maitland. Mike Mbedzi van die vereniging sê die veiligheid van pendelaars moet 'n prioriteit wees en geskille oor taxiroetes mag nooit tot…
NamRA het met bedryfsleiers vergader om strenger nakoming van regulasies oor die handel in alkohol- en tabakprodukte te bespreek. Die hoof van doeane en aksyns, Wilbroad Poniso, sê sterker beheermaatreëls is noodsaaklik om staatsinkomste te verhoog en terselfdertyd ’n gelyke speelveld vir wettige plaaslike ondernemings te verseker.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement is bekommerd oor die impak van voortdurende taxigeweld op die veiligheid van leerders en onderwysers, sowel as op die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens. Die Departement het noodplanne in plek om moontlike ontwrigtings te hanteer en werk saam met die polisie en ander veiligheidsstrukture om leerders te help om…
Die regering doen ’n beroep op dringende en betroubare befondsing om wêreldwye verbintenisse oor vroue, vrede en veiligheid in konkrete aksie om te sit. Penda Naanda, Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, het die VN-Veiligheidsraad toegespreek en gesê voorspelbare, volhoubare en buigsame finansiering is noodsaaklik. Namibië dring daarop…
Nagenoeg 11 rubberduck-bote neem môreoggend aan die Oanob Lake Grand Prix-reeks by die Oanobdam deel. Elke boot se span bestaan uit 'n stuurman en 'n navigator, wat voor in die boot sit en help om die boot te stuur. Die sport was eens baie gewild, maar het mettertyd veld verloor…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.