DA lui alarm dat Speaker nie Ramaphosa se aansoek teenstaan

Loading player...
Die DA is bekommerd oor die besluit deur die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om nie die dringende aansoek om 'n interdik deur president Cyril Ramaphosa teen te staan om die werk van die Ampsklagkomitee te staak nie. Die Parlement sê die speaker het regsadvies en die onderskeie rolle van die Nasionale Vergadering en die Ampsklagkomitee deeglik oorweeg voor sy besluit het om die aansoek nie teen te staan nie. George Michalakis van die DA voer aan die komitee self het wel die regstatus het om die Parlement te verteenwoordig:
23 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika-leiers steun dialoog oor migrasie, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly verbind tot die beginsels van Pan-Afrikanisme en verwerp xenofobie en diskriminasie teen buitelandse burgers. Ramaphosa het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en sê die regering voer gesprek met leiers van verskeie Afrika-lande oor migrasie-uitdagings, wat deur verskeie regerings begryp en ondersteun word. Hy…
26 Aug 1AM 1 min

Alledaagse gemeenskap-helde 'moet ook gevier word'

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb vra vir breër erkenning van alledaagse gemeenskapskampioene, saam met Namibië se historiese bevrydingsikone. Gariseb beklemtoon dat hoewel die verering van gevalle strydhelde noodsaaklik is, gelyke erkenning moet gaan aan plaaslike figure soos onderwysers, kerkleiers, ouderlinge en aktiviste wat daagliks werk om lewensomstandighede te verbeter. Hy spoor Namibiërs…
26 Aug 1AM 1 min

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min