Verkondig die Goeie Nuus!

Loading player...
Het jy geweet dat Jesus die verkondiging van die evangelie aan jou toevertrou het?
Dit was sy laaste opdrag voordat Hy na die hemel opgevaar het, en dit is ’n opdrag wat elke liewe Christen ernstig behoort op te neem.
Die stigters van Cross Roads Evangelism, Franco en Soré Labuschagne, deel hulle insig rondom evangelisasie, asook meer inligting omtrent die bediening en hoe luisteraars betrokke kan raak
3 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Skrywersonderhoud met Bets Smith

Met Die Christen Reis wil ons mekaar versterk in geloof en bemoedig op ons lewenspad as Christene. Daarom gesels Madeleine ook soms met skrywers van Christelike boeke, sodat jy as luisteraar kan weet wat daar beskikbaar is om te lees. Vandag gesels sy met Bets Smith oor haar eerste Christelike…
28 Aug 28 min

Skyn helder!

Luisteraars wat in Maart na Madeleine se onderhoud met Mev. SA semi-finalis, Andrea Raaths-Duarté se onderhoud oor haar grondpad-na-kroon-ervaring geluister het, sal bly wees om te hoor dat sy deurgedring het na die finalisrondte in vanjaar se kompetisie. Madeleine gesels weer met haar om te hoor hoe sy die platform…
21 Aug 28 min

Sy wonderlike skepping

Madeleine gesels met Mias van Jaarsveld, die besturende redakteur van CARE FOR AFRICA: Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice. Hierdie publikasie was vanjaar die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutu Prys. Sy gesels ook met Fay van Eeden, ’n dominee by NG Kerk Stellastraat in Pretoria, oor haar artikel wat…
14 Aug 1 hr 04 min

Vrou van God

Augustus is vrouemaand, en Madeleine gesels met vier dames wat voltyds by bediening betrokke is. Wat is die eienskappe van ’n vrou van God, en watter unieke rol speel ons as Christenvroue in God se koninkryk? Jozine Botha, dr. Ronell Bezuidenhout, Laetitia Butler en Sonja Goldberg deel hulle getuienisse, wysheid…
7 Aug 1 hr 31 min

Die Bybel vir almal

Daar is ’n ongelooflike maklike manier om betrokke te raak by die vertaling van Bybels, en dit is deur ’n beker koffie te drink! Coffee the Bible is ’n inisiatief van Woord vir die Wêreld, of beter bekend as The Word For The World Bible Translators. Madeleine gesels met een…
31 Jul 1 hr 10 min