'n Koalisie van burgerregte-organisasies, waaronder Fossil Free South Africa en die StopEACOP-koalisie, het 'n amptelike klagte ingedien by die Advertensie-reguleringsraad waarin Standard Bank se omgewingsreklame as misleidend bestempel word. Woordvoerder Zaki Mamdoo sê hulle vra die reguleerder om Standard Bank se bewerings oor sy leiersrol in volhoubare befondsing en klimaatsoptrede…
Meatco het amptelik begin met die verslagting van tot 800 beeste vir plaaslike verbruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Meatco se kommunikasiebeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias, gepraat. Sy sê die twee-dae verslagtingproses is deur die Direktoraat Veeartsenykundige Dienste goedgekeur en sal Meatco help om inkomste in te kry.
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is ʼn dringende behoefte dat internasionale inspekteurs volgens die waarborg-ooreenkoms oor nie-verspreiding van kernwapens verifikasie-toegang kry tot Iran se kernaanlegte. Die kern-waghond sukkel om inligting te bekom oor Teheran se kernmateriaal, soos sy voorraad hoogs verrykte uraan. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, maan Iran…
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê mense wat vir kleiner partye stem, kan veroorsaak dat die ANC en die EFF die metro kan oorneem. Volgens onlangse peilings deur eNCA en MarkData het die DA tans 52,6-persent steun, terwyl News24 en die Sabi Strategy Group dit op 56,1-persent plaas. Talle partye…
’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.