MK wil hê Ramaphosa moet self voor Ampsklagkomitee getuig

Loading player...
Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa moet persoonlik voor die Ampsklagkomitee getuig en kan dit nie deur regsverteenwoordigers doen nie. Dit volg nadat die komitee besluit het sy regsraadgewers moet leiding gee oor die wetlike vereistes van Ramaphosa se verskyning en getuienislewering en die gevolge indien die president besluit om nie te getuig nie. John Hlophe van MK sê Ramaphosa behoort ter voorbereiding tot die ampsklagondersoek eerste getuig:
23 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Standard Bank se klimaat-aansprake onder die loep

'n Koalisie van burgerregte-organisasies, waaronder Fossil Free South Africa en die StopEACOP-koalisie, het 'n amptelike klagte ingedien by die Advertensie-reguleringsraad waarin Standard Bank se omgewingsreklame as misleidend bestempel word. Woordvoerder Zaki Mamdoo sê hulle vra die reguleerder om Standard Bank se bewerings oor sy leiersrol in volhoubare befondsing en klimaatsoptrede…
28 Oct 9AM 1 min

Meatco kan dalk 800 bees slag, vir inkomste

Meatco het amptelik begin met die verslagting van tot 800 beeste vir plaaslike verbruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Meatco se kommunikasiebeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias, gepraat. Sy sê die twee-dae verslagtingproses is deur die Direktoraat Veeartsenykundige Dienste goedgekeur en sal Meatco help om inkomste in te kry.
28 Oct 9AM 1 min

Kernwaghond wil Iran se kernaanlegte inspekteer

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is ʼn dringende behoefte dat internasionale inspekteurs volgens die waarborg-ooreenkoms oor nie-verspreiding van kernwapens verifikasie-toegang kry tot Iran se kernaanlegte. Die kern-waghond sukkel om inligting te bekom oor Teheran se kernmateriaal, soos sy voorraad hoogs verrykte uraan. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, maan Iran…
28 Oct 8AM 1 min

Stemme vir klein partye 'kan DA in Kaapstad ondergrawe'

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê mense wat vir kleiner partye stem, kan veroorsaak dat die ANC en die EFF die metro kan oorneem. Volgens onlangse peilings deur eNCA en MarkData het die DA tans 52,6-persent steun, terwyl News24 en die Sabi Strategy Group dit op 56,1-persent plaas. Talle partye…
28 Oct 8AM 1 min

Nuwe N$85 miljoen-hotel bring werksgeleenthede na Swakopmund

’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die…
28 Oct 6AM 1 min