Internasionale mark vir luukse goedere herstel

Loading player...
Die wêreldwye luuksegoederemark toon tekens van herstel na twee jaar van trae groei. 'n Nuwe Simonis Storm-verslag voorspel organiese verkoopsgroei van 4 tot 5 persent vanjaar, met verdienste wat na verwagting met ongeveer 8 persent sal styg. Terwyl geopolitieke spanning die grootste risiko bly, lui die verslag dat die mark reeds baie van daardie onsekerheid ingewerk het. Hoof van beleggings by Simonis Storm, Max Rix, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat beleggers tans luukse juweliersware en horlosies verkies, terwyl die sektor op sterker verkoopsvolumes later vanjaar wag.
23 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kernwaghond wil Iran se kernaanlegte inspekteer

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is ʼn dringende behoefte dat internasionale inspekteurs volgens die waarborg-ooreenkoms oor nie-verspreiding van kernwapens verifikasie-toegang kry tot Iran se kernaanlegte. Die kern-waghond sukkel om inligting te bekom oor Teheran se kernmateriaal, soos sy voorraad hoogs verrykte uraan. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, maan Iran…
28 Oct 8AM 1 min

Stemme vir klein partye 'kan DA in Kaapstad ondergrawe'

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê mense wat vir kleiner partye stem, kan veroorsaak dat die ANC en die EFF die metro kan oorneem. Volgens onlangse peilings deur eNCA en MarkData het die DA tans 52,6-persent steun, terwyl News24 en die Sabi Strategy Group dit op 56,1-persent plaas. Talle partye…
28 Oct 8AM 1 min

Nuwe N$85 miljoen-hotel bring werksgeleenthede na Swakopmund

’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die…
28 Oct 6AM 1 min

N$5 miljoen vir sanitêredoek-inisiatief om menstruele armoede te bekamp

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die 5 miljoen Namibiese dollar wat aan die Nasionale Sanitêredoek-inisiatief tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is is, sal help om menstruele armoede onder kwesbare leerders te bekamp. Sy het aan die Nasionale Vergadering gesê die befondsing volg op…
28 Oct 5AM 1 min