Woord vir Vandag - 3 Aug 2026

Loading player...
“Sy merk dat haar koopware goed is…” Spreuke 31:18 KAB
Wat jy het, is goed
Kom ons kyk na vier bevrydende waarhede in hierdie Skrifgedeelte: 1) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy soek nie bevestiging of goedkeuring van haar handelsware nie. Wanneer jy onseker is oor dit wat jy het en dit nie waardeer nie, kan ander mense jou dalk oortuig dat dit nie veel werd is nie. Hierdie vrou, soos ons almal, verlang na aanvaarding en bevestiging, maar sy sal dit nie soek of haarself verwyt as sy dit nie kry nie. 2) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy verstaan en waardeer dit wat sy na die tafel toe bring. Sy sal nie aan die waarde daarvan twyfel nie; sy sal dit ook nie nodig vind om oor die kwaliteit van haar handelsware te spog nie. Sy sal nie haar neus in trots optrek nie en sy sal ook nie haar oë in valse nederigheid neerslaan nie. Sy het eenvoudig ‘n gebalanseerde en gesonde siening van haar ware. 3) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Hier is iemand wat nie deur die goedere van ander handelaars geïntimideer word of onnodig daaroor bekommerd is nie. Gevolglik bestee sy nie haar energie om te vergelyk en mee te ding nie. 4) ‘Sy merk dat haar koopware goed is…’ Sy haak nie vas in die verlede en dink aan die goeie goedere wat sy voorheen gehad het nie. Sy wag ook nie tot haar koopware perfek is voor sy haar doelwit begin nastreef nie. Sy tree eenvoudig in geloof op, nadat sy die beste gedoen het wat sy kon. Haar koopware is goed; môre is in God se hande. Angs het geen plek in haar lewe nie. Die woord vir jou vandag is dus - wat jy het, is goed!
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 24 Aug 2026

“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV Stel finansiële grense Dit is geen geheim dat die meerderheid huwelike deesdae weens finansiële probleme misluk nie. Ander verhoudings kan ook bedreig word wanneer ons nie ‘n lening terug betaal…
28 Jul 2 min

Word for Today - 23 Aug 2026

“Go…teaching them to observe all things that I have commanded you.” Matthew 28:19-20 NKJV History is His story The words Jesus spoke changed the world forever. These were the last instructions to His disciples: “All authority has been given to Me in heaven and on earth. Go therefore and make…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 23 Aug 2026

“Gaan dan… Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het…” Matteus 28:19-20 NLV ‘History is His story’ Die woorde wat Jesus gespreek het, het die wêreld vir altyd verander. Sy laaste instruksie aan sy dissipels was die volgende: ‘…God het die volle mag oor hemel en…
28 Jul 2 min

Word for Today - 22 Aug 2026

“Only the Lord gives wisdom.” Proverbs 2:6 NCV Pray for wisdom Here’s Paul’s prayer for the Ephesian church: “That…God…may give you the spirit of wisdom and revelation” (Ephesians 1:17 NKJV). For the Colossian church, he asked that God would fill them with “the knowledge of His will in all wisdom…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 22 Aug 2026

“Dit is tog die Here wat wysheid gee…” Spreuke 2:6 NLV Bid vir wysheid Hier is Paulus se gebed vir die kerk in Efese: ‘…dat die God van ons Here Jesus Christus…aan julle geestelike wysheid en insig sal gee…’ (Efesiërs 1:17 NLV). Vir die kerk in Kolosse het hy gevra…
28 Jul 1 min