Woord vir Vandag - 4 Sep 2026
Loading player...
“Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie…” Hebreërs 13:16 NLV
Gee om vir ander te voorsien
In die volgende Skrifgedeeltes leer die Bybel ons dat God van ons verwag om in die behoeftes van die minderbevoorregtes te voorsien: ‘As daar… ‘n arm Israeliet is… Gee gewillig sonder om sleg te voel daaroor en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen’ (Deuteronomium 15:7, 10 NLV). ‘Geseënd is die mens wat omgee vir die armes. In tye van nood sal die Here hom red. Die Here sal hom beskerm en hom die lewe laat behou… Die Here sorg vir hom as hy siek is en laat hom opstaan uit sy siekbed’ (Psalm 41:2-4 NLV). ‘Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm. Mense wat ‘n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik’ (Spreuke 11:24-25 NLV). ‘Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte’ (Handelinge 2:44-45 NLV). ‘Aangesien julle in elke opsig uitblink… munt dan nou ook uit in hierdie liefdeswerk’ (2 Korintiërs 8:7 NLV). ‘Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak’ (Hebreërs 13:16 NLV). ‘Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broers en susters sien gebrek ly, maar weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Kinders, laat ons nie liefhê met woorde en gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings’ (1 Johannes 3:17-18 NLV). Gee dus om in die behoeftes van ander te voorsien.