Woord vir Vandag - 5 Sep 2026

Loading player...
“Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer…” Jakobus 3:17 NLV
Bid vir ‘die wysheid wat van Bo kom’
Die Bybel sê dat die wysheid wat uit hierdie wêreld kom, ‘…aards… sondig… demonies…’ is, want dit kom uit ‘…jaloesie en selfsugtige ambisie…’ en ‘…allerhande gemene dade…’ (verse 15-16 NLV). Die wysheid wat jy nodig het, kom vanuit ‘n ander bron: ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys en het goeie gevolge’ (vers 17 NLV). Mense het deesdae toegang tot meer kennis as ooit tevore. Tog lyk dit of wysheid amper glad nie bestaan nie. Paulus se woorde aan die Korintiese kerk kan heel moontlik ook aan ons gerig word: ‘…Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik…nie?’ (1 Korintiërs 6:5 NLV). Daar is ‘n groot verskil tussen kennis en wysheid. Kennis is die opgaar van feite en inligting. Enigeen kan feite opgaar. Ons probleem is ons gebrek aan wysheid; ons is nie in staat om die feite wat ons geleer het, in die praktyk en in werklike situasies toe te pas nie. As ons ons geloof in aksie wil omsit, sal ons ‘die wysheid wat van Bo kom’ nodig hê. As paartjies het ons dit nodig om sterk huwelike te bou (sien 1 Petrus 3:7). As ouers het ons dit nodig om ons kinders op die pad wat hulle moet loop, te lei (sien Spreuke 22:6). As Christen-sakemanne het ons dit nodig om in die werksplek te slaag (sien Jesaja 48:17). As jy wys is, sal jy bid: ‘Here, ek nooi U uit om saam met my te werk, in my te werk, deur my te werk en vir my te werk.’ Dis ‘n gebed wat Hy sal verhoor.
17 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 16 Sep 2026

“Our light affliction…is working for us.” 2 Corinthians 4:17 NKJV God is putting the pieces together Without God’s Word, most of our experiences in life make no sense whatsoever. With it, we can decipher our experiences. Few things are more comforting or more exhilarating than knowing that God is the…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 16 Sep 2026

“Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid…’ 2 Korintiërs 4:17 NLV God sit die stukke bymekaar Sonder God se Woord maak die meeste van ons ervarings in die lewe glad nie sin nie. Ons kan egter ons ervarings deur middel van…
17 Aug 2 min

Word for Today - 15 Sep 2026

“Being fruitful in every good work and increasing in the knowledge of God.” Colossians 1:10 NKJV You’re called to do “good works” Many people know how Helen Keller overcame the difficult physical challenge of being left without hearing, speech, and sight after contracting fever as a baby and how she…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 15 Sep 2026

“…Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.” Kolossense 1:10 NLV Jy is geroep om goeie werke te doen Baie mense ken die verhaal hoe Helen Keller die moeilike fisiese uitdaging oorkom het om sonder gehoor, spraak en sig gelaat te word…
17 Aug 2 min

Word for Today - 14 Sep 2026

“Joshua…said…‘Sun, stand still…So the sun stood still.’” Joshua 10:12-13 NKJV Pray boldly (4) God said: “Call to Me, and I will answer you, and show you great and mighty things, which you do not know” (Jeremiah 33:3 NKJV). You’re to call on God for great things as well as little…
17 Aug 1 min