Woord vir Vandag - 6 Sep 2026
Loading player...
“…wie ruimhartig saai, sal volop oes.” 2 Korintiërs 9:6 NLV
Saai en oes
Die Bybel leer ons duidelik dat diegene wat vrygewig vir God se koninkryksdoeleindes gee, iets terug in ruil vir hul deelname sal ontvang. Verder is daar ‘n korrelasie tussen hoeveel jy gee en hoeveel jy terugkry. ‘…wie ruimhartig saai, sal volop oes.’ Dit is goeie nuus vir mense wat huiwerig is om te gee. Wanneer jy iets waardevols weggee, kan dit soos ‘n verlies voel. Paulus het egter hierdie konsep in ‘n heeltemal ander lig gestel. Hy het gesê dat wanneer jy vir God se werk gee, jy dit nie weggee nie. Dit is ‘n belegging, nie ‘n verlies nie. Die boer wat saai, verloor nie saad nie; hy kry ‘n oes terug. Geen rasionele boer sou sê: ‘Ek is bang om my saad te saai, want dan sal ek nie meer die saad hê nie. Wat sal gebeur as ek hierdie saad nodig kry?’ nie. Enige boer weet dat as hy ‘n oes wil hê, hy saad moet saai. Dit is kragtige inligting vir enigiemand wat as gevolg van finansiële onsekerheid bang is om te gee. Dit dui daarop dat die wysste stap wat ons finansieel kan neem, is om ons finansiële saad te begin saai. Wanneer ons dit doen, raak God by ons finansies betrokke. Dit is die veiligste plek waar ons finansieel kan wees. Hoekom? Want wanneer ons gee, stel dit God in staat om meer aan ons terug te gee, om meer aan ons in hierdie lewe toe te vertrou. Dit stel ons weer in staat om meer te gee. ‘In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (vers 11 NLV). Dit beteken as jy gee soos jy veronderstel is om te gee, sal God jou meer gee.