Woord vir Vandag - 10 Sep 2026
Loading player...
“Die tong het mag oor dood en oor lewe...” Spreuke 18:21 NLV
Spreek die Skrif
Iets kragtigs gebeur wanneer ons God se Woord spreek. ‘Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.’ Jesus het letterlik met die wind en die golwe gepraat, nie waar nie? Hy het storms bestraf. Hy het demone bestraf. Hy het siektes bestraf. Hy het selfs vir ons gesê om berge aan te sê om te versit! (Sien Markus 11:23.) Wanneer jy jou geloof verbaliseer, gee jy dit krag. Daar is ‘n paar dinge wat jy egter nie moet sê nie. Toe Jeremia sy ouderdom as ‘n verskoning gebruik het om nee vir God se roeping te sê, het die Here hom bestraf: ‘…Moenie sê jy is te jonk nie…’ (Jeremia 1:7). Met ander woorde, moenie jouself diskwalifiseer wanneer God jou roep nie! Spreek eerder lewe-gewende, geloofsgevulde, genade-deurdrenkte woorde. Mark Batterson sê: ‘Daar is sommige dinge wat ek weier om te sê, want dit gee hulle krag. Ek noem dit my ‘Sê Nie’-lys. Watter woorde moet op jou ‘Sê Nie’-lys gaan? Ek praat nie net van woorde wat nie in ordentlike geselskap gesê moet word nie. Jesus het gesê ons sal van elke ydele woord rekenskap gee. ‘n Ydele woord is ‘n nuttelose, waardelose woord – ‘n woord wat niks bereik nie.’ Jesus het ook in Matteus 12:34 gesê: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (NLV), dus is ons woorde x-strale van wat binne-in ons aangaan. Dit is waar die stryd gewen of verloor word. As ons wil hê dat ons woorde sy Woord moet weerspieël, is dit waar ons geanker moet wees. Wanneer ons dit doen, word die gesindheid van Christus ook ons denkwyse.