Woord vir Vandag - 16 Sep 2026
Loading player...
“Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid…’ 2 Korintiërs 4:17 NLV
God sit die stukke bymekaar
Sonder God se Woord maak die meeste van ons ervarings in die lewe glad nie sin nie. Ons kan egter ons ervarings deur middel van die Woord ontsyfer. Min dinge is meer vertroostend of opwindend as om te weet dat God die Een is wat die legkaart van ons lewens aanmekaar sit. ‘n Londense kartograaf, John Spilsbury, het glo begin om legkaarte rondom 1760 te kommersialiseer. Tydens die Groot Depressie het hulle in Amerika as ‘n goedkoop vorm van vermaak gewild geword. Legkaarte kom in alle vorms en groottes voor, insluitend die nuutste en beste - 3D sferiese legkaarte. Die metode om dit te bou het egter nie verander. Dit vereis dat jy stukke wat vreemd gevorm is, in mekaar moet probeer pas. Die sleutel is die prentjie bo-op die boks. Daarsonder is jy verlore. Daarom voel baie van ons soms hulpeloos en hopeloos - omdat die stukke van ons lewens nie bymekaar pas nie en ons nie God se visie vir die geheel kan sien nie. Min mense het meer as die apostel Paulus gely, maar hy het geskryf: ‘Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd’ (2 Korintiërs 4:16-18 NLV). Ja, slegte dinge gebeur wel met goeie mense. God het egter belowe om dit te herwin, te verlos en vir ons beswil en sy heerlikheid te gebruik.