Woord vir Vandag - 28 Sep 2026
Loading player...
“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet…” Romeine 8:28 NLV
God werk namens jou
Die Bybel begin met die volgende woorde: ‘In die begin het God die ganse heelal gemaak, die hemel daarbo en die aarde hieronder. Maar die aarde was n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Tog het die kragtige, skeppende Gees van God oor die oppervlakte van die water gesweef. Toe beveel God: ‘Laat daar lig wees!’ en dit was so. Die lig was vir God goed…’ (Genesis 1:1-4 NLV). Selfs wanneer jou lewe soos ‘n deurmekaar gemors lyk, kan jy die God wat orde uit chaos en lig uit duisternis gebring het, vertrou om jou lewe weer sin te laat maak. Wanneer jy glo dat ‘…God alles ten goede laat saamwerk…’ (Romeine 8:28 NLV), herdefinieer dit die slegte dinge wat in jou lewe gebeur. Die slegste dag van jou lewe kan in die beste dag verander. Daar is ‘n silwer randjie om elke donker wolk, en elke nadeel het ‘n potensiële positiewe kant. Wanneer jy die lewe deur hierdie prisma interpreteer, gee dit jou vertroue dat alles goed gaan uitdraai. Dit verseker jou dat die beste nog voorlê, want God het gesê: ‘Ek weet wat ek vir julle beplan het… Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie…’ (Jeremia 29:11 NLV). Jy het egter soms ‘n rol om te speel. God maak goddelike afsprake, maar jy moet hulle nakom. God gee gawes, maar jy moet jou gawe aanwakker. God roep, maar jy moet antwoord (sien Jesaja 6:8). God rig jou voetstappe, maar jy moet met die Gees tred hou. As jy getrou jou deel doen, kan jy op God staatmaak om sy deel te doen – om namens jou te werk.