In die buurland het die Valke, in samewerking met Interpol, vanmiddag die uitlewering van ses Nigeriese burgers hanteerwat na bewering lede is van die Black Axe georganiseerde misdaadnetwerk. Amerikaanse owerhede soek hulle vir internetbedrog en geldwassery wat met 'n liefde-slenter verband hou. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die verdagtes…
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau en Metro, het 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms onderteken wat werknemers 'n algemene salarisverhoging van 450 Namibiese dollar per maand toestaan. Die adjunk-sekretaris-generaal van die vakbond, Willem Absalom, sê die eenjaarooreenkoms verteenwoordig ongeveer 'n loonverhoging van 10 persent om werkers teen stygende lewenskoste te beskerm.
'n Lid van die Verenigde Nasies se Jeugadviespaneel, Gabriel Mandume, sê die wanverhouding tussen akademiese opleiding en werksmagvereistes bly 'n primêre dryfveer van jeugwerkloosheid in die land. Mandume sê dat terwyl jong Namibiërs steeds met teoretiese kwalifikasies van plaaslike universiteite en kolleges gradueer, beperkte praktiese blootstelling hulle swak voorbereid laat…
Reaksie word ontvang ná die dood van 'n agtjarige leerder in Groot Aub, wat vroeër die week na bewering deur 'n 12-jarige vriend verwurg is. Die voorval het die gemeenskap in skok gelaat en in rou gedompel, terwyl die polisie 'n saak van moord en roof ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus…
Die Bankiersvereniging van Namibië verdedig kommersiële banke teen bewerings dat hulle oormatige skuldlas by huishoudings aanvuur deur buitensporige kredietverlening. Tydens haar verskyning voor die parlementêre staande komitee oor die ekonomie het die vereniging se uitvoerende hoof, Dantagos Jimmy, gesê dat die toestaan van krediet aan die privaatsektor oor die algemeen…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.