Copps 94.1: 2026 Operation Basadi loods in hoofstad

Loading player...
Met "Operation BASADI" wat die week landwyd geloods is, het die Namibiese polisie hul patrollies hier in die hoofstad van stapel gestuur om veral die geveg van geweld teen vroue en kinders te verskerp. Die Copps 94.1 span het saam met die polisie patrollie gedoen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering vertel ons meer van ‘n huisbrand en ‘n ongeluk in die Windhoek middestad:
19 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Klippe en eiers gooi is nie tiener-kattekwaad

Om motors onder klippe – of eiers te steek, is nie skadelose kinderkattekwaad nie. Die Swakopmund-munisipaliteit vra inwoners om sulke tieners by die polisie te verkla. Dit volg nadat buurtwagte inwoners in Oceanview en Platz am Meer hieroor gewaarsku het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa sê hoewel videomateriaal hiervan versprei is,…
25 Oct 4AM 1 min

Kameelperdbevolking herstel toenemend

Oor die afgelope dekade het die Giraffe Conservation Foundation, deur middel van wetenskaplik gefundeerde hervestigings, daarin geslaag om kameelperde, ook in Namibië, terug te bring na 11 miljoen hektaar Afrika-landskap. Medestigter Julian Fennessy sê Afrika het meer as 90 persent van sy historiese kameelperdbevolking verloor, maar dat translokasies werk. Hy…
25 Oct 3AM 1 min

Malema vra gratis water en krag vir behoeftiges

Die EFF-president Julius Malema vra vir gratis water en elektrisiteit vir ontvangers van maatskaplike toelaes. Tydens die party se 'Tshela Thupa'-veldtog vir die plaaslikeregeringverkiesing op die KaMaqhekeza-stadion in Nkomazi, Mpumalanga, het Malema gesê kwesbare huishoudings behoort toegang tot basiese dienste te hê, sonder die bykomende las van onbekostigbare nutsdienste. Die…
25 Oct 2AM 1 min

Pro-aktiewe plan nodig teen BKS

Die Cirrus-ontleder Romé Mostert sê Namibië benodig ’n proaktiewe plan om die impak van bek-en-klouseer op boere en die landbousektor te beperk. Hy beklemtoon dat vinnige optrede, insluitend die uitdunning van besmette vee waar nodig en vergoeding vir boere, deel van ’n doeltreffende reaksie moet wees, eerder as om bloot…
25 Oct 1AM 1 min

PDM vra meer begrafnisgeld vir padsterftes

PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo vra vir die bespoediging van wysigings aan die Wet op die Motorvoertuigongelukkefonds, met die oog op ’n hersiening van die huidige begrafnistoelae van 7 000 Namibiese dollar. Sy sê stygende begrafniskoste bring mee dat die bedrag nie meer voldoende is nie, wat dit vir families moeiliker maak…
25 Oct 12AM 1 min