Woord vir Vandag - 22 Okt 2026
Loading player...
“…Ons doel is nie om mense tevrede te stel nie, maar God. Hy ondersoek die motiewe van ons harte.” 1 Tessalonisense 2:4 NLV
Streef daarna om God in alles tevrede te stel!
‘n Jong man het onder ‘n wêreldbekende violis en meesteronderwyser studeer om die viool te bemeester. Hy het jare lank hard gewerk om sy talent te vervolmaak. Die dag het uiteindelik aangebreek toe hy gevra is om sy eerste groot openbare uitvoering in ‘n groot stad waar beide hy en sy onderwyser gewoon het, te gee. Na elke lied, wat hy met groot vaardigheid en passie uitgevoer het, het die jong man ongemaklik gelyk oor hoe om al die applous wat hy ontvang het, te hanteer. Alhoewel hy geweet het dat diegene in die gehoor musikaal geletterd was en nie geneig was om sulke applous vir ‘n minder as uitmuntende uitvoering te gee nie, het die jong man amper opgetree asof hy nie die waardering kon hoor wat op hom uitgestort word nie. Aan die einde van die laaste nommer wat hy uitgevoer het, was die applous dawerend en talle ‘bravo!’s het deur die saal weerklink. Die talentvolle jong violis het egter sy oë net op een plek gerig. Uiteindelik, toe ‘n bejaarde man in die eerste ry van die balkon glimlag en vir hom in goedkeuring knik, het die jong man ontspan en begin straal van beide verligting en vreugde. Sy onderwyser het sy werk goedgekeur! Die applous van duisende het niks vir hom beteken, totdat hy die goedkeuring van sy meester ontvang het nie. Dit was ook Paulus se doel, en dit behoort joune ook te wees. ’Nee, ons praat omdat God ons gekeur het. Hy het die Goeie Nuus aan ons toevertrou. Ons doel is nie om mense tevrede te stel nie, maar God. Hy ondersoek die motiewe van ons harte’ (vers 4 NLV). Die woord vir vandag is dus: streef daarna om God in alles tevrede te stel!