Woord vir Vandag - 24 Okt 2026

Loading player...
“Omdat julle één is met Christus is julle ook besny…” Kolossense 2:11 NLV
Hoe om in ‘n vyandelike gebied te floreer (2)
Voordat God sy volk toegelaat het om die Beloofde Land te verower en te bewoon, het Hy beveel dat alle mans besny moes word (sien Josua 5:2). Die besnydenis is aanvanklik deur God aan Abraham bekendgestel as ‘n teken van die verbond tussen God en hom (sien Genesis 17:11). Die besnydenis het beteken dat hulle van die omliggende nasies wat God nie geken het nie afgesonder was en dat hulle aan Hom behoort het. Tydens die woestynomswerwinge het die Hebreërs hierdie praktyk laat vaar. Voordat hulle egter hul nuwe lewe in Kanaän kon begin, het God dit weer aan hulle as voorwaarde om ‘n verbondsverhouding met Hom te geniet, bekendgestel. Wat is die geheim van oorlewing in vyandelike gebied? Eerstens, onthou wat God vir jou gedoen het. Tweedens, onthou wie s’n jy is. Die Hebreërs het gedoen wat God beveel het - en God het hulle beskerm en hulle skouspelagtige oorwinnings oor hul vyande gegee. ‘Al die konings van die Amoriete wat wes van die Jordaan bly en al die konings van die Kanaäniete wat by die Middelandse See bly, het gehoor hoe God die water van die Jordaan voor die Israeliete laat wegdroog het… Hulle harte het gekrimp. Hulle het nie kans gesien om teen die Israeliete te veg nie’ (Josua 5:1 NLV). Hul toewyding aan God het beskerming van God meegebring. Dit werk steeds so. ‘Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom…’ (Jakobus 4:7-8 NLV). Hierdie Skrifgedeeltes leer ons dat wanneer jy jouself aan God oorgee, Hy jou die krag sal gee om die wêreld, die vlees en die duiwel te oorwin.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min