Woord vir Vandag - 25 Okt 2026
Loading player...
“Ons is daarop bedag om eerbaar voor die Here op te tree, maar ook voor die mense.” 2 Korintiërs 8:21 NV
Doen altyd die eerbare ding
In ‘n uitgebreide meningsopname in 1991 genaamd The Day America Told the Truth, het James Patterson en Peter Kim die volgende verrassende bevindinge gerapporteer. Slegs 13 persent van diegene wat ondervra is, het geglo dat al Tien Gebooie vandag nog bindend en relevant is. Een-en-negentig persent het erken dat hulle gereeld by die huis en werk lieg. Die meeste werkers het erken dat hulle gemiddeld sewe uur per week by die werk sit en niksdoen. Ongeveer die helfte van die werksmag het erken dat hulle gereeld siekverlof neem, selfs wanneer hulle nie siek is nie. Toe hulle gevra is wat hulle bereid sou wees om vir tien miljoen dollar te doen, het 25 persent gesê dat hulle bereid sou wees om hul families te verlaat, 23 persent het gesê dat hulle bereid sou wees om vir ‘n week as ‘n prostituut te werk, en 7 persent het gesê dat hulle bereid sou wees om ‘n vreemdeling te vermoor! Moet ook nie aanneem dat dit net ongelowiges was wat so gereageer het nie. Doug Sherman en William Hendricks het spesifiek Christene ondervra en bevind dat hulle amper net so geneig as ongelowiges was om hierdie dinge te doen. Hulle het erken dat hulle by die werk steel, hul belastingopgawes vervals en wette selektief gehoorsaam. Paulus het aan die Korintiërs geskryf: ‘Ons is daarop bedag om eerbaar voor die Here op te tree, maar ook voor die mense.’ Toe het hy aan die Christene in Rome geskryf: ‘Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen…’ (Romeine 12:2 NLV). Doen dus altyd die eerbare ding.