Woord vir Vandag - 26 Okt 2026
Loading player...
“…Deur ‘n leefstyl wat vol ontsag en eerbied vir God is, moet julle wys dat julle gered is.” Filippense 2:12 NLV
God se deel en ons deel
Paulus skryf: ‘…Deur ‘n leefstyl wat vol ontsag en eerbied vir God is, moet julle wys dat julle gered is. Dit is mos God wat julle gewillig maak om te doen waarvan Hy hou…’ (verse 12-13 NLV). Verlossing is ‘n gawe van God, dus kan jy nie daarvoor werk nie - maar jy kan daaraan werk. Hoe doen jy dit? Net soos jy jou spiere oefen. As jy fiks wil word, moet jy oefen! Hoe meer jy oefen, hoe sterker word jy. Jy moet jou geloof gimnasium toe neem en dit begin oefen. Dit sal ‘n bietjie bewerasie veroorsaak - dis wat spiere doen wanneer hulle tot hul uiterste gebruik word. Dis egter hoe hulle sterker word. Soos jy aanhou oefen, sal vandag se geloofsplafon môre se geloofsvloer word. Paulus skryf: ‘Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om soos sy Seun te word…’ (Romeine 8:29 NLV). God het ons reeds vooruit geken en ons moet ons deel doen deur soos sy Seun te word. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die volgende gesegde: ‘Bid asof dit van God afhang en werk asof dit van jou afhang.’ As jy net die een of die ander doen, sal dit tot halfgebakte geestelikheid lei. Ons doelwit is om gelyk met die beeld van Christus te word. God sal enige omstandigheid, goed of sleg, gebruik om daardie doelwit te bereik. Daarom skryf Paulus: ‘Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre, deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei…’ (Filippense 2:14-16 NLV).