Woord vir Vandag - 27 Okt 2026
Loading player...
“Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie…” 2 Timoteus 2:15 NLV
God se goedkeuring is die belangrikste
Wallace E. Johnson, president van die Holiday Inn hotelketting en een van Amerika se suksesvolste bouers, het gesê: ‘Ek hou die volgende Skrifgedeelte op ‘n kaartjie in my beursie en verwys gereeld daarna: ‘Hou aan met vra, en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan klop en God sal die deur vir julle oopmaak. Elkeen wat so volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry; en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak’ (Matteus 7:7-8 NLV). Hierdie Skrifgedeelte behels van God se grootste beloftes.’ Toe het Johnson iets interessants bygevoeg: ‘Hierdie verse kan ‘n bietjie eensydig lyk en op ‘n filosofie van ontvang, maar nie van gee nie, dui. Ek het eendag op die volgende vers afgekom wat sedertdien ‘n daaglikse herinnering aan wat my verantwoordelikheid as ‘n sakeman teenoor God is, dien: ‘Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie…’ Sedertdien meet ek my optrede aan die frase: ‘Wees ‘n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie.’ As jy nie weet dat jy God se goedkeuring het nie, sal jou suksesse, hoe groot ook al, jou leeg laat voel. Wanneer jy egter weet dat jy God se goedkeuring het, voel jy volkome vervuld.’ Paulus het aan die gelowiges in Korinte geskryf en gesê: ‘Ons streef in elk geval daarna… om [God] tevrede te stel’ (2 Korintiërs 5:9 NLV). Aan die mense is Tessalonië het hy gesê: ‘…ons [vra] julle om te sorg dat julle leefstyl tot eer van God is, soos ons julle geleer het…’ (1 Tessalonisense 4:1 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: God se goedkeuring is die belangrikste.